Republikeine wen Senaat terug
Die Amerikaanse verkiesing oorheers die nuustoneel maar tot op hede, is die kieskollege uitslag steeds op 246 vir Donald Trump en 187 vir Kamala Harris. Die allerbelangrike Pennsilvanië is nou in almal se visier met Harris wat vordering gemaak het. Sy is nou net 2,9 persent agter hom in die deelstaat, af van amper 3,8 persent. Sy moet die deelstaat wen om in die wedloop te bly. Republikeine het intussen ook beheer oor die Senaat gewen. Trump sal binnekort sy ondersteuners toespreek.