Reuse-behuisings tekort duur voort, maar meer geld aan sekuriteit

Home Uncategorized Reuse-behuisings tekort duur voort, maar meer geld aan sekuriteit
Reuse-behuisings tekort duur voort, maar meer geld aan sekuriteit


Reuse-behuisings tekort duur voort, maar meer geld aan sekuriteit

Die Namibiese regering skiet kort wat die lewering van huise betref. Die ministerie van stedelike ontwikkeling het in die 2021-22 boekjaar net daarin geslaag om 1 479 huise en 1 751 gedienste erwe te voorsien en in die vorige boekjaar is 1 179 huise en 2 846 erwe voltooi. Dit is baie ver van die jaarlikse teiken van 5 000 en die tweede Harambee welvaartsplan wat 20 000 oor die periode van vyf jaar teiken. Die regering het ‘n agterstand van 300 000 huise wat teen ‘n koste van 76 miljard Namibiese dollar opgerig moet word en tog word meer geld steeds op die sekuriteitsklusters bestee. Behuising het 491,5 miljoen dollar in die ontwikkelingsbegroting ontvang terwyl 659 miljoen dollar op sekuriteit bestee sal word. 



Source link

Leave a Reply

Your email address will not be published.