Sokker: Reuse-ongelykheid tussen mans en vrou in verdienste
Sokker: Spelers by die Wêreldbeker-sokkertoernooi vir vroue in Australië en Nieu-Seeland sal gemiddeld net ‘n kwart verdien vergeleke met wat die mans tydens verlede jaar se Wêreldbeker-sokkertoernooi in Katar verdien het. CNN het data van die wêreldbeheer-liggaam Fifa en die spelers-unie ontleed. Daar is wel ‘n groot verbetering van die vorige vrouetoernooi in 2019, toe die spelers net agt persent vergeleke met die mans ontvang het. Fifa se president, Gianni Infantino, het vroeër gesê die organisasie mik na gelyke verdienste in die volgende Wêreldbeker-sokkertoernooie.
Leave a Reply