Reuse-treinramp in Pakistan, 35 dood
Minstens 35 mense is dood en meer as 90 is beseer nadat ‘n trein naby die dorp Nawabshah in Pakistan ontspoor het. Amptenare sê die Hazara Express was van Karatsji na Rawalpindi op pad toe tien waens ontspoor het. ‘n Noodsituasie is by die belangrikste hospitale in Nawabshah en die buurdistrikte van Sindh verklaar. Die Spoorweg-ministerie sê aanvanklike ondersoeke toon die trein het teen die normale spoed gery, so hulle is nie seker wat die ongeluk veroorsaak het nie. Amptenare verwag dat die dodetal sal styg.
Leave a Reply