RFK is Trump se keuse, maar Senaat wag

Home Uncategorized RFK is Trump se keuse, maar Senaat wag
RFK is Trump se keuse, maar Senaat wag

RFK is Trump se keuse, maar Senaat wag

Die aangewese Amerikaanse president, Donald Trump, sê Robert F Kennedy Junior gaan ongelooflike goed regkry as die nuwe minister van Gesondheid. Die voormalige Demokraat was ook in die wedloop as ʼn onafhanklike presidentskandidaat maar het onttrek om Trump te ondersteun. Trump het hom in ruil daarvoor ʼn belangrike rol aangebied. Kennedy is ʼn bekende entstof-skeptikus wat by verskeie geleenthede waninligting versprei het, insluitend die valse teorie dat immunisering outisme by kinders veroorsaak. Sy aanstelling moet deur die Senaat bekragtig word waar hy teenkanting kan verwag weens sy standpunt oor gesondheidskwessies.

source