Rietdans afgelas na Buthelezi sterf
Die Zulu-koning het vandag se tweede byeenkoms van die Rietdans afgelas uit respek vir die volk se tradisionele eerste minister, Mangosuthu Buthelezi, wat Saterdag in die ouderdom van 95 oorlede is. Musizulu KaZwelithini het aan die jong meisies by die Koninklike Paleis in Nongoma, KwaZulu-Natal, gesê hulle word ruimte gegee om te rou oor die prins. Buthelezi wasvolgens berigte ‘n troue ondersteuner van die fees waarin jong meisies voorberei om vroue te word. Die koning sê sy oupa se dood het ‘n reusegaping gelaat, en het hom bedank vir sy talle jare van diens aan die koninklike familie.
Leave a Reply