Robinho moet 9 jaar in Italië uitdien
Die voormalige doelskopper van Brasilië en Manchester City, Robinho, is in hegtenis geneem om sy vonnis van nege jaar vir verkragting uit te dien. ʼn Hof het beslis hy moet die tronkstraf in Italië uitdien. Die 40-jarige speler en vyf ander Brasiliane is daaraan skuldig bevind dat hulle in 2013 ʼn vrou by ʼn nagklub in Milaan verkrag het. Hy is in sy tuisstad, Santos, gearresteer nadat sy prokureurs nie daarin kon slaag om sy tronkstraf uit te stel nie. Robinho het sy land in 100 wedstryde verteenwoordig.
Leave a Reply