Rod Stewart & Jools Holland op pad na nommer 1 met album ‘Swing Fever’

Home Uncategorized Rod Stewart & Jools Holland op pad na nommer 1 met album ‘Swing Fever’
Rod Stewart & Jools Holland op pad na nommer 1 met album ‘Swing Fever’


Rod Stewart & Jools Holland op pad na nommer 1 met album ‘Swing Fever’

Sir Rod Stewart en Jools Holland het kragte saamgesnoer om hul eerste gesamentlike album ooit die lig te laat sien. Hulle gaan die week moontlik vir die eerste keer as ‘n duo bo-aan die amptelike langspeler-treffersparade wees met hul splinternuwe album, “Swing Fever”.

“Swing Fever” is ‘n langspeler met verwerkings van liedjies, sogenaamde “cover versions”, uit die “Big-Band”-era. Dit is die eerste album in byna vyf jaar vir Rod Stewart, terwyl Jools Holland sy eerste langspeelplaat ooit in die VK sal vier.

“Swing Fever” word deur Jools se Rhythm & Blues Orchestra begelei, en is alreeds vanaf 23 Februarie 2024 beskikbaar.

Kyk na die musiek-video hieronder.

Foto verskaf: Rod Stewart and Jools Holland (Foto: Jonas Mohr)



Source link

Leave a Reply

Your email address will not be published.