Roof neem toe, domineer misdaadverslag
Rooftogte domineer die weeklikse misdaadverslag van die Namibiese polisie. Daar is tien gevalle aangemeld wat wissel van huisbraak tot gewapende roof met messe of vuurwapens, sommer op straat. Van die rooftogte, soos die een op Walvisbaai waar ‘n man wat 95 000 Namibiese dollar by ‘n bank onttrek het en agtervolg is, blyk om fyn beplan te wees. Die polisie waarsku reeds ‘n geruime tyd oor ekonomiese druk en ‘n toename in roof. Selfs op straat is niemand veilig nie, veral met selfone wat altyd op die persoon is. Lede van die publiek word gemaan om versigtig te wees en altyd bure in te lig as hulle nie tuis is nie. Daar word beaam gevalle sal vererger namate die feesseisoen nader kom.
Leave a Reply