Rooi See: Skepe sal nie aandoen by ons hawens nie
Transnet het bevestig geen vragskepe sal na verwagting in Suid-Afrikaanse hawens vasmeer nie, al herlei groot skeepsrederye hul vaartuie om die Kaap van Goeie Hoop. Dit volg ná rebelle-aanvalle in die Rooi See-gebied uit eensgesindheid met Gaza. Amerika het sedertdien ʼn maritieme beskermingsmag aangekondig, maar rebelle hou vol hulle sal voortgaan met aanvalle op groot rederye. CNN berig, sowat 100 skepe is die afgelope maand aangeval. Ongeveer 15 persent van die wêreld se skeepsverkeer vaar deur die Suez-kanaal wat die kortste roete tussen Europa en Asië is.
Leave a Reply