Rundu Beach gaan nuwe baadjie aantrek
Rundu Beach, ‘n gewilde ontspanningsplek van die dorp in Kavango-Oos, gaan ‘n nuwe baadjie aantrek. Daar is planne vir opknapping en om ‘n mark en ander geriewe te bou. Twee jaar gelede het dele van Rundu Beach soos ‘n moeras gelyk sonder enige vooruitsigte om beleggers te lok. ‘n Plaaslike maatskappy, Namibia Investment Contacts, het masjiene en toerusting ingebring en grondwerk is begin. Sodra al die werk voltooi is, sal dit as as Rundu Beach Waterfront Park bekend staan Die skakelbeampte van die projek, Jerry Kauyu, sê dit was tyd dat iets gedoen word om die gewilde uithangplek te laat herleef. Kauyu sê dit is ‘n lewenslange projek en verskillende geriewe sal mettertyd bygevoeg word.
Leave a Reply