Rus tydens lang ritte om ongelukke te voorkom

Home Uncategorized Rus tydens lang ritte om ongelukke te voorkom
Rus tydens lang ritte om ongelukke te voorkom


Rus tydens lang ritte om ongelukke te voorkom

Die LUR vir Gemeenskapsveiligheid, Sekuriteit en Skakeling in Mpumalanga, Vusi Shongwe, doen ‘n beroep op mense wat lang reise onderneem om tydens die rit genoeg te rus. Volgens hom kan uitputting bestuurders se besluite beïnvloed en tot ongelukke lei. Dagvaardings vir uiteenlopende oortredings is sedert Donderdag aan 5 248 bestuurders in die provinsie uitgereik. Meer as 130 voertuie is verbied om verder te ry en 119 is deur verkeersbeamptes geskut. Shongwe doen ʼn beroep op wetstoepassingsbeamptes om geen verdraagsaamheid teenoor oortreders te betoon nie en om die wet sonder vrees of guns toe te pas.



Source link

Leave a Reply

Your email address will not be published.