Rusland begin drie-dae-lange verkiesing
Russe het vandag begin stem in ‘n drie-dae-lange presidensiële verkiesing wat die veteraanleier, Vladimir Putin, nog ‘n termyn van ses-jaar mag gee namate die konflik wat in Oekraïne woed verder na Russiese grondgebied uitbrei. Putin is sedert die laaste dag van 1999 aan bewind as president of eerste minister. Die voormalige KGB-agent beskou die verkiesing as ‘n bewys van Russe se lojaliteit en ondersteuning vir sy militêre aanval op Oekraïne, tans in sy derde jaar. Stemlokale het vroegoggend in die land geopen en is versprei oor elf tydsones.
Leave a Reply