Russe oorrompel Kruger-susters
Isabella en Zoe Kruger het gister ‘n indrukwekkende wedstryd teen formidabele teenstanders gespeel, maar hulle is uiteindelik in die dubbelspel-eindstryd van die WIPHOLD-internasionale toernooi in Pretoria geklop. Die Russiese paar, Alina Charaeva en Ekaterina Reyngold, het die Kruger-susters in die eerste stel totaal oorheers. Hulle het in die tweede stel teruggeveg, maar Charaeva en Reyngold het hulle spelpeil behou en met 6-0, 5-7 en 10-3 gewen. Isabella en Zoe is die dogters van die Springbok Ruben Kruger wat in die 1995 Wêreldbeker-wenspan was.
Leave a Reply