Russiese kerngeneraal in bomaanval in Moskou dood
Die hoof van Rusland se chemiese, kern- en biologiese weermageenheid, luitenant-generaal Igor Kirillov en sy assistent is vanoggend in ‘n ontploffing in Moskou dood. Die Russiese nuusagentskap Tass berig dit is veroorsaak in ‘n ploftoestel wat in ‘n elektriese bromponie geplant is. ‘n Ondersoek is van stapel gestuur en die omstandighede agter die aanval word tans ondersoek.