Ryspryse styg met 17% – verskeie globale uitdagings – Kosmos 94.1

Home Uncategorized Ryspryse styg met 17% – verskeie globale uitdagings – Kosmos 94.1
Ryspryse styg met 17% – verskeie globale uitdagings – Kosmos 94.1



Ryspryse styg met 17% – verskeie globale uitdagings

Die jongste inflasie-syfers het reuse-stygings in voedselpryse in Namibië aangedui en terwyl daar nog gewag word vir die syfers vir Junie, het ekonome voorspel dat pryse wel vanjaar sal daal met Simonis Storm wat algehele inflasie op 5,9 persent peil. Intussen is daar uitdagings met rys wat met 7,1 persent in Mei gestyg het. Namibië maak staat op rysinvoere en daar is beperkings in produserende lande met te veel reënval of te min. In Thailand is boere aangesê om net een en nie twee oeste aan te plant nie omdat reëval ontbreek en in Indië, is uitvoere van gebreekte rys en nie-Basmati-variëteite verbied. ‘n Tekort aan kunsmis is ook ‘n uitdaging. Dus het voorraad internasionaal met 5 persent gedaal en pryse is op met 17 persent. Rys is ook ‘n stapelvoedsel in Namibië en huishoudings gaan op die oomblik gebuk onder uiters hoë voedselpryse en rentekoerse.



Source link

Leave a Reply

Your email address will not be published.