Gholf: SA amateur-speler loop voor in Britse Ope
Gholf: Die Suid-Afrikaanse amateur-speler, Christo Lamprecht, is die vroeë klubhuis-voorloper in die Britse Ope. Die 22-jarige het sewe voëltjies en twee brouhoue aangeteken op Royal Liverpool en die eerste ronde voltooi in 66, vyf onder baansyfer. Lamprecht is in George in die Wes-Kaap gebore en het op driejarige ouderdom begin speel. Hy studeer tans in Amerika. Onder die ander Suid-Afrikaners wat deelneem het Branden Grace in die eerste ronde twee oor baansyfer aangeteken en Louis Oosthuizen drie oor.
Leave a Reply