SA begin geslagsgeweld amptelik aanspreek
Net soos Namibië, worstel Suid-Afrika ook met geslagsgeweld. Die GOOD-party in die buurland sê die totstandkoming van die voorgestelde Nasionale Raad op Geslagsgeweld en Vrouemoord is ‘n belangrike eerste stap om hierdie maatskaplike euwels aan te spreek omdat dit die behoefte aan meer as polisiëring erken. Die raad sal norme en standaarde vir regeringsprojekte stel. Die woordvoerder van GOOD, Janke Tolmay, sê dit sal egter nie op sigself geslagsgeweld en vrouemoord uitskakel nie.
Leave a Reply