SA behou Agoa-toegang tot VSA-markte

Home Uncategorized SA behou Agoa-toegang tot VSA-markte
SA behou Agoa-toegang tot VSA-markte

SA behou Agoa-toegang tot VSA-markte

Suid-Afrika sal in 2025 sy voorkeurtoegang tot Amerikaanse markte behou ingevolge die Wet op Groei en Geleenthede in Afrika, of Agoa, ondanks die spanning tussen die twee lande. Amerika se handelsverteenwoordiger, Katherine Tai, sê die lys lande wat vir belastingvrye toegang kwalifiseer, wat Namibië insluit, bly onveranderd. Suid-Afrika se bande met China en sy standpunt oor Oekraïne en Israel het die VSA veral ongemaklik gemaak. Agoa verstryk einde volgende jaar. Suid-Afrika se verhouding met Amerika is van die uiterste belang vir die land se ekonomie.

source