SA bied weer O-19 krieket-Wêreldbeker aan
Suid-Afrika bied volgende jaar die derde keer die Onder-19 Wêreldbekertoernooi aan nadat dit by Sri Lanka weggeneem is. Die Internasionale Krieketraad het ook Sri Lanka se voorlopige skorsing weens regeringsinmenging opgehef en die span sal toegelaat word om steeds aan internasionale krieket deel te neem. Sri Lanka is vroeër hierdie maand geskors nadat die ministerie van sport die krieketraad afgedank het weens die span se treurige vertoning op die eendag- Wêreldbekertoernooi in Indië, en dit met ʼn tussentydse komitee vervang het.
Leave a Reply