SA binnelandse sake mis sy eie spertyd oor afstands-werkvisums
Die Wes-Kaapse LUR vir finansies en ekonomiese geleenthede, Mireille Wenger, is bekommerd die departement van binnelandse sake het sy eie spertyd vir die instelling van ‘n afstands-werkvisum aan die einde van Junie misgeloop. Wenger sê dit is nou 528 dae en die tyd stap steeds aan sedert President Cyril Ramaphosa die aankondiging oor die voorgestelde instelling van die broodnodige en gesogte visum-kategorie gedoen het. Hy het die belofte in sy staatsrede in Februarie verlede jaar gedoen.
<iframe src="https://iframe.iono.fm/e/1334667" width="100%" height="126" referrerpolicy="origin" frameborder="0"></iframe>
Leave a Reply