SA huise ‘onveiligste plekke vir kinders’
Suid-Afrikaanse huise word beskou as die onveiligste plekke vir kinders. Volgens ‘n dialoog wat die Nelson Mandela-kinderfonds aangebied het by die Johannesburgse Effektebeurs oor kindermishandeling in Suid-Afrika, het meer as 40 persent van kinders seksuele, fisieke of emosionele mishandeling en verwaarlosing tuis ondervind. Die bedryfshoof van die organisasie, Linda Ncube-Nkomo, beklemtoon baie ouers slaag nie daarin om ‘n veilige tuiste-omgewing vir hulle kinders te verskaf nie. Sy vra gesamentlike optrede om die welstand van kinders te verseker.
Leave a Reply