SA-inkomstediens sê jammer vir SMS
Die Suid-Afrikaanse Inkomstediens het belastingbetalers om verskoning gevra na ‘n SMS-boodskap uitgestuur is wat hulle herinner om hulle opgawes in te dien, en wat ‘n dreigement beskou is. Belastingbetalers het oor die boodskap gekla wat hulle waarsku oor moontlike strafregtelike optrede as hulle nie hulle opgawes betyds indien nie. Die Inkomstediens sê die SMS voldoen nie aan die professionele standaarde wat hy voorhou nie en sê dit was bedoel as ‘n opregte en nuttige herinnering, maar dit is nie goed ontvang nie. Die SMS-lyn is tot verdere kennisgewing opgeskort.
Leave a Reply