SA Militêre Gesondheidsdiens by Brics-beraad
Die Suid-Afrikaanse Militêre Gesondheidsdiens het bevestig hy is gereed om noodsaaklike mediese steun te lewer by die 15de Brics-beraad in Sandton, Johannesburg. Die diens het tydens strategiese voorbereidings vir die beraad reeds mediese geriewe by verskeie toegangspunte gevestig, met voorrang aan noodsaaklike sorg aan bywonende staatshoofde en afgevaardigdes, vir hul gesondheid en welstand. Mcebisi Mdutywa van die Militêre Gesondheidsdiens sê deeglike voorbereidings word sedert Mei gedoen om ‘n doeltreffende mediese bystandstruktuur te vestig vir die sukses van die beraad.
Leave a Reply