SA misdaadsindikate saai amok
Die Suid-Afrikaanse teen-misdaad-aktivis, Yusuf Abramjee, doen ‘n beroep op die regering om die stryd teen die plaag van misdaad voorop te stel terwyl georganiseerde misdaadsindikate amok maak in Suid-Afrika. Sekere kategorieë in die misdaadstatistiek het wel effens gedaal in die tydperk van April tot Junie, maar die algehele vlak van geweldsmisdaad is steeds baie hoog. Abramjee sê die gemiddelde moordsyfer staan nou op amper 70 vir die drie maande tydperk en die getal is baie hoër as daar oor twaalf maande na die syfers gekyk word.
Leave a Reply