SA ‘moet eie buitelandse beleid bepaal’

Home Uncategorized SA ‘moet eie buitelandse beleid bepaal’
SA ‘moet eie buitelandse beleid bepaal’

SA ‘moet eie buitelandse beleid bepaal’

ActionSA het ‘n beroep op die regering gedoen om alle pogings deur ander lande te weerstaan om sy buitelandse beleid voor te skryf. ActionSA-woordvoerder, Solly Moeng, sê die party glo die regering moet standpunt inneem en nie voor buitelandse druk swig nie. Hy het spesifiek verwys na China, wat wil voorskryf hoe diplomatieke gaste uit Taiwan behandel moet word. Moeng sê die party erken daar is uiteenlopende belange, maar buitelandse beleid en globale posisionering kan nie deur ander lande gebruik word om Suid-Afrikaners te beïnvloed nie.

source