SA Moslems hou protes-optrede oor verbranding van Koran in Swede
Die Moslem-gemeenskapsforum het vandag protes-optrede by Mary Fitzgerald-plein in Johannesburg gehou oor die verbranding van die Koran in Swede. Die Sweedse regering het intussen die Islamofobiese optrede veroordeel. Die woordvoerder van die forum, Akhlaq Ahmed Saifee, sê dis verwerplike en skandalige optrede en sal nie geduld word nie. Saifee het bygevoeg die forum het ʼn vergadering met die Sweedse ambassade in Suid-Afrika versoek om ʼn brief met besware oor die verbranding van die Koran te oorhandig.
Leave a Reply