SA-rand versterk, ekonoom sê daar is verskeie faktore
Die Suid-Afrikaanse rand, en dus die Namibiese dollar, het Maandag rondom 17,80 teenoor die Amerikaanse dollar verhandel, ná ‘n paar dae onder 18 en die grootste deel van die jaar bo 18 en 19. Dit is voordelig vir beide lande in terme van invoere en brandstof wat goedkoper word, wat ‘n uitwerking op die ekonomie het en goeie nuus vir sukkelende huishoudings kan wees. Kosmos 94.1 Nuus het met die Suid-Afrikaanse ekonoom Dawie Klopper gesels, wat die stand van die rand verduidelik.