SA rand verswak weens stewige Amerikaanse dollar
Die Suid-Afrikaanse rand verhandel steeds swakker teen die Amerikaanse dollar, nadat dit tydens Donderdag se handel met net meer as een persent verswak het. Die rand staan op 19 rand 12 sent teenoor die dollar. Die rand verswak weens ‘n stewiger dollar na die Amerikaanse Federale Reserwe se besluit om rentekoerse vir langer hoog te hou. Dit is hoofsaaklik weens die sterk Amerikaanse arbeidsmark wat hoër inflasie tot gevolg het. Die Amerikaanse inflasiekoers staan op vier persent wat twee keer meer is as die Federale Reserwe se inflasie-teiken van twee persent. ‘n Sterk dollar verswak opkomende markte soos die rand. Die rand verswak ook weens vrese dat Eskom se verslapping van beurtkrag moontlik voortydig is.
Leave a Reply