SA regering verwelkom S&P se positiewe gradering

Home Uncategorized SA regering verwelkom S&P se positiewe gradering
SA regering verwelkom S&P se positiewe gradering

SA regering verwelkom S&P se positiewe gradering

Die Suid-Afrikaanse regering het S&P se besluit verwelkom om die land se vooruitsig te hersien van bestendig na positief. Die graderingsagentskap sê die positiewe vooruitsig onderskryf sy mening dat die politieke bestendigheid na die verkiesing privaat belegging en BBP-groei aangemoedig het. Die vorming van ‘n koalisie onder die regering van nasionale eenheid het uitgeloop op die versagting van finansieringsvoorwaardes en ‘n sterker wisselkoers. S&P sê die regering se strategie vir ekonomiese groei is gemik op fiskale volhoubaarheid, wat ekonomiese groei en kritieke maatskaplike dienste steun en aansienlike fiskale en ekonomiese risiko’s aanspreek.

source