SA registreer kiesers – Kosmos 94.1

Home Uncategorized SA registreer kiesers – Kosmos 94.1
SA registreer kiesers – Kosmos 94.1


SA registreer kiesers

Die Onafhanklike Verkiesingskommissie het aangekondig alles is slaggereed vir die komende kiesersregistrasienaweek in die buurland. Die uitvoerende hoof, Sy Mamabolo, het die jongste inligting verstrek oor die OVK se voorbereidings en onthul meer as ‘n miljoen mense het sedert die bekendstelling van die aanlyn portaal geregistreer. Verder is 69 780 personeellede geregistreer en opgelei vir die veldtog. Mamabolo het bevestig die registrasiestasies sal op albei dae vanaf agtuur soggens tot vyfuur die middae oop wees, en tydelike stem-sentrums is ook in verskeie gemeenskappe opgerig.



Source link

Leave a Reply

Your email address will not be published.