Saak geopen oor lodge-konsessie in Bwabwata park

Home Uncategorized Saak geopen oor lodge-konsessie in Bwabwata park
Saak geopen oor lodge-konsessie in Bwabwata park

Saak geopen oor lodge-konsessie in Bwabwata park

Die omgewingsake-ministerie het ‘n 25-jaar konsessie aan Nyime Safari Lodge CC toegestaan vir die ontwikkeling van ‘n lodge in die sensitiewe RAMSAR-gebied van die verlate Buffalo militêre basis aan die Kavangorivier, in die Bwabwata Nasionale Park. Dit volg op ‘n tenderproses van 18 maande, waartydens die tender verskeie kere gekanselleer en heruitgereik is. Die Tender Bulletin berig dat, ten spyte van beperkte advertering van die tender in plaaslike media, die konsessie aan die onlangs geregistreerde Nyime Safari Lodge toegeken is. Die proses wek kommer weens ‘n gebrek aan deursigtigheid en die ekologiese sensitiwiteit van die gebied. Kosmos 94.1 Nuus het met Mark Paxton van Shamvura-kamp aan die Okavangorivier gesels, wat sê dat hulle ‘n saak teen die ministerie en alle betrokkenes geopen het.

Paxton deel hoe hierdie konsessie hulle raak.

source