Saara ruk LP’s aan die bek

Home Uncategorized Saara ruk LP’s aan die bek
Saara ruk LP’s aan die bek


Saara ruk LP’s aan die bek

President Nangolo Mbumba het Pius Iikwambi en Gerson Tjihenuna benoem om vir ‘n vyfjaartermyn as kommissarisse van die Verkiesingskommissie van Namibië te dien. Die benoemings is aangekondig deur die adjunkspeaker van die Nasionale Vergadering, Loide Kasingo. Sommige parlementariërs is warm onder die kraag oor die aanstellings. Volgens sommige was Tjihenuna in die direksie van Air Namibia wat misluk het, en daarom is hy nie geskik om as ‘n kommissaris te dien nie. Bernadus Swartbooi, leier van die Landless People’s Movement, het ook sy kommer uitgespreek. In reaksie hierop het premier Saara Kuugongelwa-Amadhila gesê slegs wanneer die kommissarisse hul pligte versuim, kan daar teen hulle opgetree word. Sy het bygevoeg dat sy die aanstellings ondersteun.



Source link

Leave a Reply

Your email address will not be published.