SADC-tribunaal is baie belangrik
Zimbabwiër Ben Freeth beplan om vandag ‘n brief aan die Suider-Afrikaanse Ontwikkelingsgemeenskap Sekretariaat te oorhandig waarin hy versoek dat die SADC-tribunaal heringestel word. Freeth het vanaf Zimbabwe gereis om geregtigheid te kry vir sy plaas wat afgevat is tydens Robert Mugabe se mislukte grondhervormingsplan. Die SADC-tribunaal het hom in 2008 die reg gegee om sy grond terug te kry of betaling te ontvang maar Mugabe, destyds die hoof, het toe die tribunaal ontbind. Freeth het ondersteuners gevra om by hom aan te sluit wanneer hy Windhoek te perd binnery. Professor Andre Duvenhage, ‘n politieke ontleder in Suid-Afrika, sê Freeth se veldtog is geregverdig omdat dit tribunaal uiters belangrik is.
Leave a Reply