Sokker: Safa sê vrouespel moet gedy
Sokker: Sekere lede van die Banyana Banyana Wêreldbeker-groep het Donderdag uit Sydney teruggekeer en die res van die spelers word vandag verwag. Die span het hul eerste Wêreldbeker-wedstryd ooit gewen en die eerste senior Suid-Afrikaanse span geword wat die laaste 16 in ‘n Wêreldbeker-toernooi gehaal het. Banyana is verlede naweek uitgeskakel toe Nederland hulle 2-0 geklop het. Safa se visepresident, Linda Zwane, wil hê die vrouespel in Suid-Afrika moet gedy.
Leave a Reply