Saftu verwelkom onttrekking van SA-diplomate uit Israel
Die Suid-Afrikaanse federasie van vakbonde, Saftu, het die regering se besluit verwelkom om al sy diplomate uit Tel Aviv te herroep te midde van die voortslepende konflik tussen Israel en Palestina. Die minister in die Presidensie, Khumbudzo Ntshavheni, sê die kabinet is teleurgesteld dat die Israelse regering weier om internasionale wette en die VN-resolusies te gehoorsaam en ongestraf bly. Saftu se woordvoerder, Trevor Shaku, sê hulle eis dat Israel se ambassadeur in Suid-Afrika, Eliav Belotserkovsky, onmiddellik uit die land gesit en die Israelse ambassade gesluit word:
Leave a Reply