SAPD se speurdiens is in ‘n krisis gedompel
Die Vryheidsfront Plus waarsku teen ‘n ernstige krisis in Suid-Afrika se speurdiens, met meer as 1,8 miljoen onopgeloste sake weens gebrekkige dossiere sedert 2018. Dit is onthul in ‘n parlementêre vraag aan die justisie-minister, Ronald Lamola. Volgens die VF Plus belemmer die verlies van 8 400 speurders sedert 2016 en ‘n gebrek aan hulpbronne, soos voertuie, ook die speurwerk. Die partyleier Pieter Groenewald sê die krisis raak die hele strafregstelsel, en dit word weerspieël in die tweede hoogste moordsyfer wêreldwyd.
Leave a Reply