SAPD waarsku oor skoolmeisie bedrogspul by vulstasies

Home Uncategorized SAPD waarsku oor skoolmeisie bedrogspul by vulstasies
SAPD waarsku oor skoolmeisie bedrogspul by vulstasies


SAPD waarsku oor skoolmeisie bedrogspul by vulstasies

Die Nasionale Kapingsvoorkomings-akademie in die buurland het motoriste gevra om bedrag te wees op ‘n skoolmeisie-bedrogspul by vulstasies. BusinessTech berig dit behels jong meisies in skooldrag wat motoriste vra om hulle selfone te gebruik en hulle dan vals beskuldig met die hulp van ‘n kamma-polisielid. Woordvoerder Richard Brussow sê dié taktiek misbruik die nuwe Wet op Geslagsgeweld en kan lei tot onmiddellike ongewenste inhegtenisnemings en afpersing. Hy maan motoriste om waaksaam te bly en nie skoolmeisies in hulle voertuie te laat klim nie. 



Source link

Leave a Reply

Your email address will not be published.