SAUK sal nie Wêreldbeker-rugby uitsaai nie
SuperSport het aangekondig dat hy nie daarin geslaag het om ‘n ooreenkoms met die SAUK te bereik vir die sublisensiëring van uitsaairegte vir die Wêreldbeker-toernooi wat Vrydag begin nie. Die Springbokke gaan hul wêreldtitel by die toernooi in Frankryk verdedig. SuperSport sê in ‘n verklaring hy het verskeie voorstelle op redelike kommersiële voorwaardes aan die SAUK gemaak en is teleurgesteld dat ‘n ooreenkoms nie bereik kon word nie.
Leave a Reply