Sê julle mense waarheen julle gaan, tieners!
Die Vrystaatse polisie doen ‘n beroep op jongmense om nie net van die huis af te verdwyn nie, maar om hulle mense op die hoogte te hou van waar hulle hul bevind. Die provinsie het reeds verskeie gevalle ervaar waar tieners as vermis aangemeld is, terwyl hulle nie werklik vermis was nie. Die polisiewoordvoerder, Motantsi Makhele, moedig jongmense aan om die tegnologie te gebruik soos liggings-toepassings op selfone, of om gereelde aanmeldingstye met hulle ouers vas te knoop, om te verseker dat hulle bewus is van die jongklomp se bewegings.
Leave a Reply