Seekoeie in Okavangorivier getraumatiseerd
Seekoeie in die Okavangorivier is getraumatiseerd na berigte dat beamptes van die Angolese owerhede op die seekoeie geskiet en hulle met hul motorbote agternagesit het. Die motorbote irriteer die seekoeie wat hulle aggressief maak en ook die lewens van diegene wat van die rivier afhanklik is vir water en ander aktiwiteite, in gevaar stel. ‘n Toerisme-operateur is deur seekoeie aangeval en beskadig. Mark Paxton van Shamvura Camp het met Kosmos 94.1 Nuus gepraat en sê dit moet stop.
Leave a Reply