Seibeb sê NDF moet sensus-personeel bystaan
Data-versamelaars vir die bevolking- en behuisingsensus word na bewering slagoffers van fisieke aanvalle en teistering terwyl hulle hul pligte probeer nakom. Dit ondermyn die integriteit van die sensus en belemmer die insameling van akkurate data, wat noodsaaklik is vir ingeligte besluitneming en billike hulpbronverspreiding. LPM parlementslid Henny Seibeb het in die Nasionale Vergadering ‘n beroep op die verdedigingsminister, Frans Kapofi, gedoen om onder meer soldate en helikopters toe te wys om sensuswerkers te vergesel.
Leave a Reply