Selfmoord, babastorting aan die kus bevestig
Die Erongo-polisie het die selfmoord van die 69-jarige oudpolisieman Christoffel Vorster bevestig. Hy het homself in Ocean View op Swakopmund met ‘n jaggeweer geskiet. Die polisie sê sy dogter, saam met hy gewoon het, was nie tuis nie maar wel in die woonbuurt. Sy het die skoot gehoor en haar pa buite die huis met die geweer in sy arms gevind. En ook aan die kus… nog ‘n babastorting is aangemeld, die een op Walvisbaai. ‘n Vyf-maande oue fetus is op die dorp se stortingsterrein deur munisipale werkers gevind. Die oorskot was reeds ontbind. Die polisie het geen verdagte nie en vra die publiek se hulp. Volgens die mag kan dit moontlik die gevolg van ‘n onwettige aborsie of miskraam wees.
Leave a Reply