Selfmoord bomaanval dood 24 in Pakistan
Minstens 24 mense is dood en meer as 40 beseer in ‘n bomontploffing Saterdag by ‘n spoorwegstasie in die stad Quetta in die suidweste van Pakistan. Quetta is die hoofstad van die Balochistan-provinsie, wat worstel met ‘n oplewing in geweld deur separatistiese etniese militante. Owerhede sê die teiken was weermagpersoneel met 16 soldate onder die dooies. Die Baloch Liberation Army ‘n separatistiese militante groep, het verantwoordelikheid vir die aanval aanvaar.