Selfmoorde duur voort, veral aan die kus
Die Namibiese plaag van hoë selfmoordsyfers het weer gemanifesteer met twee gevalle wat aan die kus by die polisie aangemeld is. In die Swakopmund Stoor-fasiliteit in die nuwe industriële gebied is die ontbinde liggaam van die 58-jarige Eben Dreyer in ‘n self-stoor motorhuis gevind nadat ‘n werker ‘n snaakse reuk opgemerk het. Hy was vir ‘n maand vermis. Die fasiliteit se eienaar het die motorhuis oopgemaak en die lyk in ‘n sittende posisie met ‘n tou om die nek aangetref. In die ander geval sê die polisie die oom van die 26-jarige Kaycee Martin het hom in sy kamer by ‘n huis in Tornyn-singel in Kuisebmond gekry waar hy aan ‘n tou van die dak gehang het. Geen gemene spel word vermoed nie en ‘n lykskouing sal gedoen word.
Leave a Reply