Sensus: Dit sukkel met geslote plaashekke, publiek
Die adjunk-statistikus-generaal van die Namibiese Statistieke-agentskap, Ottilie Mwazi sê daar is uitdagings met die sensus, veral met lede van die publiek wat nie vrae wil beantwoord nie. Volgens Mwazi, is daar veral uitdagings met plaashekke wat gesluit is en lede van die publiek wat nie samewerking gee nie. Dit is moontlik dat die persone nie die belangrikheid van die sensus verstaan nie. Maar, sy voeg by daar is vordering al is alle teikens tot dusver nog nie behaal nie. Sy het ‘n beroep op die publiek gedoen om hulle samewerking te gee.
Leave a Reply