Sensus-uitslae op 13 Maart bekend
Die Nambiese Statistieke-agentskap sal op Woensdag, 13 Maart die sensus-uitslae bekend maak. Die afwagting is groot omdat die sensus met twee jaar vertraag was en data oor werkloosheid, behuising, watervoorsiening en meer, is uiters belangrik vir ontwikkelingsplanne. Die sesde Nasionale Ontwikkelingsplan word tans geformuleer met konsultasies in al die streke en die uitslae van die sensus sal bydra tot die doeltreffendheid hiervan. Die jongste data wat tans in die land gebruik word spruit uit die vorige sensus in 2011.
Leave a Reply