Ses vermeende presidentskandidaat-moordenaars sterf in tronk
Ses mans wat verdink word van betrokkenheid by die moord in Augustus op Ecuador se anti-korrupsie presidensiële kandidaat Fernando Villavicencio is gister in die tronk om die lewe gebring. Die land se tronke-agentskap het nie meer besonderhede oor die moorde gegee nie, behalwe dat al ses mans Colombiaanse burgers was. Die moorde het plaasgevind in ‘n gevangenis in Guayaquil, die Suid-Amerikaanse land se grootste stad. Ecuador se regering het die moorde vinnig veroordeel. Uittredende president Guillermo Lasso het in ‘n plasing op sosialemedia-platform X “nóg medepligtigheid, nóg toesmeerdery” belowe in ‘n ondersoek na die misdade.
Leave a Reply