Sewe SA opposisiepartye onderteken Veelparty-handves
In die buurland het die leiers van sewe opposisiepartye amptelik die Veelparty-handves vir Suid-Afrika na twee dae van samesprekings in Kempton Park aan die Oos-Rand onderteken. Ingevolge die ooreenkoms sal al sewe partye, insluitend die DA, Action SA, VF Plus en IVP, as individuele entiteite aan aanstaande jaar se algemene verkiesing deelneem. Die partye het ooreengekom op verskeie prioriteite, insluitend ekonomiese groei en werkskepping, die beëindiging van beurtkrag, die versekering van kwaliteit onderwys en beter dienslewering. Die partye beoog om die ANC tydens die verkiesing uit die kussings te lig. Die voorsitter van die Veelparty-konvensie, William Gumede, het na afloop van die samesprekings gepraat.
Leave a Reply