Sewe vermeende wilddiewe in Otjozondjupa vasgetrek   – Kosmos 94.1

Home Uncategorized Sewe vermeende wilddiewe in Otjozondjupa vasgetrek   – Kosmos 94.1
Sewe vermeende wilddiewe in Otjozondjupa vasgetrek   – Kosmos 94.1



Sewe vermeende wilddiewe in Otjozondjupa vasgetrek  

Sewe vermeende wilddiewe in Otjozondjupa vasgetrek  

Die Otjozondjupa-streek is die brandpunt van wildstropery en veediefstal in die land. Sewe vermeende wilddiewe is in twee verskillende voorvalle is in die streek deur die Namibiese polisie in hegtenis geneem. Vyf mans is in ‘n bakkie op die pad tussen Ovitoto en Okahandja by ‘n mini-padblokkade gearresteer nadat hulle nie ‘n permit kon wys van die vleis van ‘n halwe gemsbok in hul besit nie. Die verdagtes verskyn vandag in die Okahandja-landdroshof. In die ander voorval is twee Namibiese mans op die grondpad tussen Otavi en Gabus vasgetrek. Die polisie het die sedanvoertuig deursoek en drie sakke droë wildsvleis in die kattebak gevind. Die twee verdagtes verskyn vandag in die Otavi-landdroshof. Die goewerneur James Uerikua rig ‘n streng waarskuwing aan wild- en veediewe en vra vir samewerking tussen die polisie en boere.



Source link

Leave a Reply

Your email address will not be published.